Kosmos Hengelklub spook by Beukes
’n Totaal van 44 vis is ingeweeg met ʼn massa van 50.73, die gemiddelde gewig van die mooi karpe is 1.153kg
Kosmos Hengelklub het hulle klub kompetisie gehou te Beukes Chrissiesmeer, waarvan agt klublede deelgeneem het aan die kompetisie.
’n Totaal van 44 vis is ingeweeg met ʼn massa van 50.73, die gemiddelde gewig van die mooi karpe is 1.153kg.
Die swaarste karp is deur Johan van der Merwe gevang met ’n gewig van 2.810 kg en die tweede swaarste karp is deur Hannes Swart, ʼn pensionaris, gevang wat ook nie gehuiwer het om lyne nat te maak nie.
Sy vis het 2.120 kg geweeg.
Die meeste vis is deur Hannes Swart gevang met 14 vis en ’n gewig van 17.380 kg.
Die ‘Feeder’-afdeling het ook hul deel gebring tydens die kompetisie en Tommy Watkins vang ses karp met die gewig van 6.37 kg.
Vir enige belangstelling of navrae kontak Jaco Nel (voorsitter) by 079 876 8701 of Marelena van der Merwe (sekretaresse) by 082 338 7804.
