
Hy het aangedui dat hy sy eie verdediging gaan behartig. Hy moes voor die hof redes aanvoer hoekom hy homself wil verdedig.
Die man is Maandag 12 Mei gearresteer nadat ’n 13-jarige dogter, wat twee weke gelede as vermis aangemeld is, in sy woonstel gekry is.
Die man staar twee klagtes van verkragting, ’n klag van ontvoering en ’n klag van abduksie van ’n minderjarige in die gesig.
Die dogter is intussen in haar ouers se sorg geplaas.
Toe die dogter in die man se woonstel gevind is, het sy volgehou dat sy 17 jaar oud is. Sy het egter later erken dat sy 13 jaar oud is.
*Die name word weerhou omdat ’n minderjarige betrokke is en ’n sedeklag teen die man ondersoek word.
