NewsSchools

Kraggies Landsdieners maak geskiedenis

Laerskool Kragbron het 'n nuwe rekord opgestel met hulle ongelooflike groot Landsdiensklub vanjaar.

Landsdiens vier hierdie jaar sy 100ste bestaansjaar en daarmee saam word daar ‘n onvergeetlike Eeufees in die Kaap gehou in Desember.

Laerskool Kragbron het dan in hierdie groot Landsdiensjaar die geskiedenisboeke totaal en al herskryf met hulle groot klub. Die ledetal vir Kragbron Landsdiens is hierdie jaar ‘n ongelooflike getal van 602 lede.

Dis die grootste klub wat nog ooit by Landsdiens SA geaffilieer het. Die naaste hieraan was ‘n skool in Vanderbijlpark wat in 1981 ‘n ledetal van 550 gehad het. Alhoewel dit ‘n uitdaging vir Kraggies se Landsdienspersoneel is, is die skool baie trots op al hul Landsdienslede.

“Met ons groot ledetal het daar 45 kinders gekwalifiseer vir die Streekkamp in die Julie-vakansie. Baie geluk aan elke Gr.6 en 7 leerling wat gekies is om die provinsiale kamp by te woon,” het me. Melanie van der Hyde, Landsdiensklub-organiseerder gesê.

*Oud-landsdieners wat belangstel om die fees in Desember by te woon, kan me. Van der Hyde skakel: 082 341 4004.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button