’n Skoner Klipfonteindam
Daar is weer lig aan die einde van die tonnel en so te sê weer “lug in die water”.
Voorblad Vrydag, 18 Julie: Iets ‘fishy’ in Klipfonteindam.
Die Klipfonteindam is skoner en die massas dooie vis is verwyder.
Vrydag 18 Julie het lede van eMalahleni Munisipaliteit vroeg begin met die skoonmaak van Klipfonteindam. As deel van die stadsraad se Mandela Dag ‘Plan van Aksie’ is verskeie areas in eMalahleni weer opgeruim en netjies gemaak.
Die skoonmaak van die dam was as prioriteit bestempel in Fase 1 van die projek. Woordvoerder van die munisipaliteit, mnr. Lebohang Mofokeng, het gesê dat dit nie net ’n eendag-projek was nie en dat dit ’n aangaande proses is om die dam skoon te kry en te hou.
Hulle is ook tans besig om die ablusieblok naby die dam te herstel.
Dis hoe Klipfonteindam nou lyk:
* Probleem om die video te sien? Volg die skakel.
