Mnr. Frik Bodenstein wat op 15 April saam met een van sy werkers, John, aangerand en beroof is, het gesê die ondersoekbeamptes hou hom gereeld op hoogte van die ondersoek.
Die 58-jarige Bodenstein se skedel is gekraak tydens die aanval wat op die plaas waar hy ’n steenkoolfabriek bedryf, plaasgevind het.
’n Hek op die grond wat altyd oopgestaan het, en die spesifieke dag toe was het Bodenstein genoodsaak om uit sy bakkie te klim en dit oop te maak om deur te ry. Hy was op pad om petrol uit te vat na die trekker en sae toe. Hy is by die hek deur vier rowers verras.
John is van die bakkie afgeruk en beide mans is geskop en geslaan.
Bodenstein het vertel hy het kort-kort sy bewussyn tydens die aanval verloor. Hulle is vasgebind en meters ver die bosse ingesleep en daar gelaat.
John en Bodenstein het die toue losgewikkel en met die hulp van John kon Bodenstein tot by die volgende kamp loop waar hulle nog ’n werker se selfoon gebruik het om Bodenstein se seun, Francois te bel vir hulp.
“Vandag kyk ek terug en ek besef weereens God was my genadig,” het Bodenstein gesê.
Alhoewel hy positief oor die ondersoek is, het die ondersoek op die stadium ’n doodloop punt bereik. Verskeie werkers en inwoners in die omgewing van die steenkoolfabriek en ook die plakkerskamp is al ondervra, maar geen positiewe inligting is ontvang nie.
As jy enige inligting oor die aanval het skakel die ondersoekbeampte insp. Zjaak Willemse: 072 025 6060.
Not familiar with the story? Read other articles related to this one here:
Man en werker oorleef panga-aanval
Panga-aanval was moontlik uit wraak
Polisie bly weg ná aanval
Panga-aanval slagoffer verlig oor polisie se besoek