CrimeNews

Prokureursfirma loop deur

Harvey Nortje Wagner en Motimele Ingelyf het verlede week onder ’n diefstal deurgeloop.

Harvey Nortje Wagner en Motimele Ingelyf het verlede week onder ’n diefstal deurgeloop.

Omstreeks 16:30 op Dinsdag16 September het twee netjies geklede mans die prokureursfirma se kantoor binnegestap en twee skootrekenaars gegaps.

Die mense wat op daardie stadium in die kantoor was, het ten tye van die diefstal in een van die agterste kantore gesels.
“Die beeldmateriaal wys hoe die twee verdagtes ons kantore inkom, bietjie rondloer en ewe nonchalant mnr. Willie Nortje se kantoor ingaan en sy skootrekenaar steel. Hulle is daarna na me. Marisel Crauwcamp se kantoor toe en daar het hulle haar skootrekenaar gevat,” het me. Jeanine Compton vertel.

Compton het gesê die twee verdagtes het selfs na die bemarkingskas toe gegaan en ’n sak uitgehaal waar hulle die skootrekenaars ingesit het.
As jy enige inligting oor dié diefstal het skakel Compton op 013 656 2161.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button