CrimeNews

Huiswerker en drie ander verskyn weer

In plaas daarvan dat sy op 6 November haar 61ste verjaarsdag gevier het, vertel die ruikers hoe geliefd sy was.

Op me. Petro Res se graf is vars blomme. In plaas daarvan dat sy op 6 November haar 61ste verjaarsdag gevier het, vertel die ruikers hoe geliefd sy was.

Me. Res is een van die talle plaasmoord statistieke. Sy is op 18 September in ’n inloopkluis op hul plaas Matlopi in die Thabazimbi-omgewing doodgeskiet.

Voirge berig HIER

Kol. Ronél Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê sy is in die kop geskiet.
Haar man, mnr. Bruno Res en hul vriendin me. Marie Barnard van eMalahleni was vir 16 uur lank, net ’n paar meter van haar liggaam af, in dieselfde kluis toegesluit.
Flinke ondersoekwerk het tot die arrestasie van die egpaar se huiswerker en haar man gelei. Nog twee verdagtes is later gearresteer.

zg685rs
Vars blomme op Petro Res se graf.

Dickson Moyo (31), Amos Munyau (26), Rebecca Monyeki (38) en Silas Ndlovu (44) het weer Maandag 9 November op aanklagte van moord en huisroof in Thabazimbi Landdroshof verskyn. Hulle is almal nog in aanhouding.
Die saak is uitgestel tot 18 November wanneer hulle sal voortgaan met ’n borgaansoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button