Local newsNews

Onwettige pap en vleis by Klipfonteindam

Talle oproepe van ontstoke inwoners is ontvang oor die ‘pad en vleis’ stalletjie wat by Klipfonteindam opgerig is.

Talle oproepe van ontstoke inwoners is ontvang oor die ‘pad en vleis’ stalletjie wat by Klipfonteindam opgerig is.
Hierdie dam is alombekend vir die makieties wat daar gebeur oor naweke en sekere tye van die jaar.

Om die kersie op die koek te sit word daar nou vir ’n ekstra inkomste pap en vleis daar verkoop. Vure word gestook en drie groot swart driebeen potte staan gereed vir ’n ‘take-away’.

Mc328rs
Die inwoners van die huis wat pap en vleis verkoop buite hul erf. (Foto: verskaf)

Met WITBANK NUUS se aankoms om uit te vind hoekom hulle dit verkoop, was hul eerste woorde: “pap en vleis, mevrou?”
Hulle het nie ’n permit om daar kos te maak en verkoop nie.

Mnr. Lebohang Mofokeng, woordvoerder van Emalahleni Munisipaliteit het gesê dat die inwoners wel aangevra het vir ’n permit om ’n restaurant daar te open asook ’n kroeg. Die kroeg was onmiddellik afgekeer, maar Mofokeng sê dat die permit vir die restaurant nog nie goedgekeur is nie. Volgens hom mag hulle tans nie daar kos maak en verkoop nie.
Op Dinsdag, 1 Desember het ’n ontstoke inwoner WITBANK NUUS gebel om die saak te rapporteer.

“Dit rook net te lekker en die vure brand net heeltyd terwyl die kos gaargemaak word,” het hy gesê.

Vroeër die maand het nog ’n inwoner vertel van die kosmakery wat hier gebeur.

“Ons kan nie in die rook asem haal nie. En naweke is dit nog ’n groter miernes met al die goed wat naweek na naweek daar aan die gang is,” het hy gesê.

Nadat aan die eienaars gevra is of hulle wel kos daar mag maak, het hulle gesê dat dit hulle erf is en ook gesê dat hulle ’n permit het om die kos daar gaar te maak. Maar Mofokeng het gesê dat slegs die erf hulle eiendom is, en dat die grond om die huis, spesifiek daar waar hulle kos maak, steeds die munisipalititeit se eiendom is.

Check Also
Close
 
Back to top button