Local newsNews

Visser-moord – skoonsuster se saak uitgestel vir voorverhoor

“Dit is amper ’n jaar nadat my lewe verander het,” het Willie Visser, se ma, Karien Visser na afloop van die hofverrigtinge gesê.

Die vrou wat verdink word van die moord op haar swaer, se voorverhoor klop aan die deur.
Melissa Vice het vroeg vanoggend in die eMalahleni-landdroshof verskyn en die saak is uitgestel tot 8 Desember.
Vice word daarvan verdink dat sy Visser op 16 Desember vermoor het.
Tydens haar borgtogaansoek op 29 Januarie het haar regsverteenwoordiger, Koos Harmse, gesê Vice ontken enige aandeel in die moord.

Lees meer hier Skoonsus gaan in Junie in die streekhof verskyn


In ’n verklaring wat Harmse voorgelees het ter verduideliking van die gebeure volgens Vice, het Visser haar getreiter en gedreig vir seksuele gunste. Sy het ontken dat sy seks met Visser gehad het.

Lees meer Skoonsus weer in hof – saak uitgestel tot Oktober


Die staat, wat gepoog het om haar borgtogaansoek teen te staan, het tydens die aansoek ’n verklaring wat deur die ondersoekbeampte gemaak is, voorgelees.


Die hof het gehoor hoe Vice Visser op 26 Desember by die ReynoRif-winkelkomppleks opgelaai het.


Volgens die ondersoekbeampte het sy en Visser vir ’n ruk op en af in Hoëveldpark rondgery en toe in Seekoeiwater naby die substasie gestop.


“Die beskuldigde het onder die voorwendsel van seks die oorledene se hande vasgemaak, agter die bakkie ingeklim en toe haar serp geneem en eers oor sy lyf gevryf. Sy het die serp toe om sy nek gesit en hom verwurg tot hy ophou beweeg het,” is aan die hof voorgelees.


Die staat het ook gesê toe Visser begin beweeg, is hy met ’n mes aangerand.


“Sy het uitgeklim en hom uit die bakkie getrek en sy liggaam ’n ent die veld in gesleep.”


Tydens ’n soektog later die aand het Vice gehelp soek na hom.


In die ondersoekbeampte se verklaring is genoem Vice het die mes by hul huis weggesteek en Visser se selfoon in die kerk, waar sy die sekretaresse was.

Your city, your story, as it happens. Stay in the loop with WITBANK NEWS.
Find us on our  website, Facebook, X,  Instagram or TikTok

Got a tip? Email: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button