CrimeNews

Polisie hou oog op dwelmhandel

Dwelmhandelaars en verbruikers het hul self die afgelope week in die moeilikheid gekry

Dwelmhandelaars en verbruikers het hul self die afgelope week in die moeilikheid gekry toe die polisie toegeslaan en hope dagga gekonfiskeer het.

Witbank Polisie het verlede week vyf suksesvolle arrestasies gemaak na hul verdagtes op heterdaad betrap het met dwelms in hul besit.

Die eerste verdagte is Woensdag 13 Januarie in Spring Valley gearresteer, na polisie inligting ontvang het van die man wat met dwelms in die area handel.

Die verdagte se woning in Spring Valley is deursoek en polisie het afgekom op 13 plastieksakke, gevul met vuurhoutjieboksies vol dagga. Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem.
Intussen het nog ’n paar dwelmhandelaars hul rieme vasgeloop toe die polisie hul daaglikse roetine om eMalahleni gedoen het en vier mans in hegtenis geneem het vir die besit van dwelms.
In die SBD (Sentrale Besigheidsdistrik) is nog verdagtes in hegtenis geneem Woensdag toe polisie gepatroleer het.
Twee verdagtes is gewaar en is gekonfronteer deur die polisie.

Volgens die polisie het twee mans langs hul voertuie gestaan en praat en dit was duidelik dat die twee mans nie gesien wou word nie, soos hul om hul rondgekyk het.
Die polisie het hul aksies en optrede agterdogtig gevind en die mans genader.
Hulle is deursoek en ’n sakkie met dagga is in een van die verdagtes se besit gevind.
Op Donderdag 14 Januarie is nog een van vele arrestasie gemaak toe nog ’n verdagte in die SBD gebied ook gevang is met dagga.

Witbank Polisie gaan voort met hul geveg teen dwelms in die dorp en bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning en hulp om dwelmgebruik te bekamp

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button