OR Tambo kraai weereens koning
Die verjaardagkoek lê in stukkies op die agtersitplek, terwyl me. Berna de Beer haar 32ste verjaarsdag in die hospitaal se ongevalle deurbring.

Die verjaardagkoek lê in stukkies op die agtersitplek, terwyl me. Berna de Beer haar 32ste verjaarsdag in die hospitaal se ongevalle deurbring.
OR Tambostraat het weereens sy vingerafdruk gelaat Woensdag, 27 Januarie toe ’n Mazda Drifter met ’n Ford bakkie gebots het.
Die Ford was na bewering onderweg na die dorp, vanaf die ou-Middelburgpad. Die Mazda het na bewering vanuit Poplar- in OR Tambostraat ingedraai, volgens ’n ooggetuie.

Die bakkie wat in die ongeluk in OR Tambostraat betrokke was Woensdag, 27 Januarie.
Me. Yolandé de Beer, wat saam met haar suster in die motor was het ’n erge knie-besering opgedoen. ’n Jongman wat ook saam met die susters in die voertuig was ten tyden van die ongeluk is nie erg beseer nie.
“Yolandè se been het baie erg seergekry, sy het ’n gat in haar knie en gaan binnekort vir X-strale. Berna het baie pyn op haar bors en sy sukkel om asem te kry. Sy is gestut, maar wat presies haar beserings is, is nog onbekend,” het die De Beer susters se ma, me.Martie de Beer Woensdagoggend gesê.
KYK VIDEO HIER:
