Miané die vegtertjie
Die Here werk wonders met haar, Hy wys ons elke dag dat Hy ’n God is van wonderwerke en liefde

“Miané doen baie goed met haar terapie,” het haar ma, Claudette Anslie gesê oor haar dogtertjie.
Miané Anslie (23 maande) het op 9 November byna verdrink nadat sy in ’n opblaas-swembad geval het by haar ouma se huis.

Miané Anslie begin noual mooi fokus met haar ogies en gaan goed aan met haar vordering tot genesing.
“Dit gaan so goed met haar, sy begin nou fokus op dingetjies,” het haar ma verder vertel.
Sy word op 10 Februarie opgeneem in ’n hospitaal in Pretoria waar hulle ’n PEG (perkutane endoskopiese gastrostomie) gaan insit. Dit is die proses waarin ‘n buigsame voedingsbuisie deur die buikwand in die maag ingesit word wat voeding, vloeistof of medikasie direk deur die maag laat gaan sonder om deur die mond of slukderm te gaan.

Miané begin al self om haar koppie op te lig.
“Die Here werk wonders met haar, Hy wys ons elke dag dat Hy ’n God is van wonderwerke en liefde,” het Claudette gesê.
Miané begin noual haar koppie oplig met oefeninge en haar oë volg dingetjies wat haar interesseer.
Soos die gemeenskap teen die tyd weet sukkel Miané se mamma as ’n enkelouer en vra dus, indien enige iemand wat ’n skenking wil of kan maak vir die hospitaalrekening dit direk oorbetaal kan word in Life Cosmos se rekening.
Bankbesonderhede is as volg:
FNB
Life Cosmos Hospital
Tjekrekening: 54300040646
Takkode 270250
Verwysing: 443792 Ainslie.
Faks asb bewys van betaling aan: 086 686 8812
“Ek kan net bly glo as ek al hierdie wonderlike dinge sien gebeur met my pragtige dogter,” het Claudette ten slotte gesê.
