LifestyleLocal newsNews

In die son met velkanker

“Die lewe het wrede draaie gemaak vir ons, maar een ding is dat my vrou my nog altyd bygestaan het met alles. Van 'hike' tot kanker,”

“Op ’n goeie dag maak ek min of meer so R150,” het die karwag mnr. Gilbert van Schalkwyk met ’n swaar stem vertel.

Sowat 13 jaar gelede het die lewe ’n 360 grade draai vir die van Schalkwyk familie gemaak toe Gilbert onder ’n veldkraan beland by sy vorige werk.

“Hy was vir amper drie maande in ’n koma en hulle het my melige male gesê dis beter om die masjiene af te sit, maar ek het geglo en bly bid dat my man ten volle sal herstel,” het me. Hendrika Gilbert gesê.

Die onmoontlike het gebeur en Gilbert het herstel alhoewel hy as fisies gestremd verklaar is en nie weer kon werk nie.

“Dit was hard om aan die lewe te bly sonder werk en boonop met ’n pap baba en net na ek gedink het alles sleg wat kon gebeur het, het klaar gebeur toe word ek gediagnoseer met velkanker,” het Glibert ook gesê.

Hy het al vir mediese hulp gegaan maar oor hul finansiële posisie kon hy nooit deurgaan met volle prosudure nie.

“Ek was nou onlangs weer na Witbank Hospitaal. Hulle het toe vier dele waar kwaadaardige moesies was uitgesny op my rug en een op my skedel vir verere toetse. Die hospitaal het my toe verwys na Steve Biko se Akademiese Hospitaal vir vedere ondersoek en hulp,” het hy verduidelik.

“Ek weet met die werk wat hy doen kan ’n mens nie juis in die son wees nie, maar hoe anders gaan ons oorleef,” het sy vrou raadop vertel.

Gilbert moet 10 Maart vir sy eerste afspraak by ’n plastiese chirurg in Pretoria wees om aansoek te doen vir ’n vel oorplanting en op 7 April ’n dermatoloog om al die kwaadaardige gewasse te verwyder van sy vel af.

“Ek is opgewonde om ontslae te raak van hierdie wonde wat aanhoudend brand en steekpyne en sommer alles. Maar dit gaan swaar, ek kan nie die vervoer bekostig nie, deesdae is ek gelukkig om R50 per dag te maak en daardie geld gaan vir ’n broodjie of vleisie om te eet,” het hy met ’n swaar gemoed vertel.

Witbank Hospitaal bied wel vervoer na Pretoria, maar is ongelukkig op daardie spesifieke datums alklaar vol.

“Ek kan die taxi neem van eMalahleni tot in Pretoria, maar dit gaan my op keer R180 retoer kos,” het hy vertel.

“Ek is seker daar is mense wat daagliks Pretoria toe ry, maar my man is te trots en ons weet nie waar om te begin soek nie,” het Hendrika gesê.

“Die lewe het wrede draaie gemaak vir ons, maar een ding is dat my vrou my nog altyd bygestaan het met alles. Van “hike” tot kanker,” het Gilbert met ’n glimlag gesê.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button