Morné terug teater toe
Meer as ’n maand dat Morné Swanepoel (17) uit die hospitaal ontslaan is, moet hy teruggaan teater toe.

Meer as ’n maand dat Morné Swanepoel (17) uit die hospitaal ontslaan is, moet hy teruggaan teater toe.
Op Dinsdag 23 Februarie het Morné slegte nuus gekry dat sy wond ’n abses gemaak het.
Hy was Woensdag 24 Februarie weer in teater in Eugene Marais Hospitaal. Die dokter het gesê Morné sal ten minste tot Sondag in die hospitaal moet bly.

Morné Swanepoel (17) is weer in teater opgeneem omdat hy ’n abses in sy wond gekry het.
Morné en sy vriend, Stephan Marais was Sondag 10 Januarie in die hospitaal opgeneem na die binneband, waarop hulle agter ’n boot gesleep is, ’n klip getref en die twee seuns afgeslinger is. Die vriende het die dag op Witbank Dam deurgebring.
LEES OOK:
Seuns beseer in bootongeluk
Morné en Stephan tuis na bootongeluk
