Inwoners maak self skoon
Mnr. Fred Lamb is 72 jaar oud, hy was die afgelope naweek deel van die groep inwoners van Ga Nala (Kriel) wat self ingespring het om die dorp se begraafplaas skoon te maak.

Mnr. Fred Lamb is 72 jaar oud, hy was die afgelope naweek deel van die groep inwoners van Ga Nala (Kriel) wat self ingespring het om die dorp se begraafplaas skoon te maak.
Met ’n bewende hand en nat oë het hy na ’n paar grafte verder gewys en gesê,
“Daar lê my Nellie, sy is nou ’n maand oorlede.”
Me. Tessa van Loggerenberg, een van die organiseerders het gesê hulle het by die hek, by die gedenkmuur met nissies en ook ’n groot gedeelte van die begraafplaas skoongemaak.
Mnr. Fred Lamb (72) is besig om die grafte in Kriel Begraafplaas skoon te maak as deel van die skoonmaakaksie wat Saterdag 20 Februarie deur inwoners van die dorp geloods is.
“Daar is nog heelwat om te doen en ons beplan nog so skoonmaakaksie binne die volgende paar weke,” het sy gesê.
Van Loggerenberg het gesê die munisipaliteit se werkers het ’n week terug gras gesny, maar die gesnyde gras net so gelos. Die inwoners wat ingespring het, het bossies uitgetrek, gras bymekaar gehark en gemors opgetel.
As jy betrokke wil raak en gaan help met die volgende skoonmaakaksie skakel Van Loggerenberg op 072 377 1413.
LEES OOK:
Dumping site or graveyard?
Attacked at graveyard