CrimeNews

Rowers besig met die besighede

Al hoe meer besighede word geteiken deur gewapende rowers. Die afgelope week was daar weer twee besighede wat oorval was deur rowers.

Al hoe meer besighede word geteiken deur gewapende rowers.
Die afgelope week was daar weer twee besighede wat oorval was deur rowers.

Op Vrydag, 26 Februarie het drie rowers toegesak op ’n meubelwinkel in die sentrale sakegebied in Mandela rylaan. Die werkers van die winkel was besig met hul alledaagse pligte toe vyf onbekende mans in die winkel inkom.
Een van die verdagtes het op die kasregister afgeloop en R1500 se kontant gevat terwyl twee van die ander verdagtes die winkeleienaar en sy werkers met gewere op die grond hou.

Die rowers het gevlug na hul die kontant en twee selfone gekry het.
Die polisie is dadelik ontbied en verklarings is geneem. Nog geen arrestasies is gemaak tot dusver nie.
In ’n tydperk van minder as ’n uur het die polisie nog ’n oproep gekry van ’n besigheid naby die bogenoemde winkel.
Die eienaar het beweer dat daar ook drie onbekende mans in die winkel ingestap en hulself voorgedoen het as kliënte.

Een van die verdagtes was vroeër die dag in die winkel om ’n paar skoene te koop.
Toe die drie verdagtes hul verskyning maak het twee van hulle wapens by hulle gehad.

Die verdagtes het in verskillende rigtings ingeloop en hulself in die winkel begin help. Die een verdagte het die kasregister leeggemaak terwyl die ander verdagte die werkers stilgehou het die derde verdagte het hope klere en denimbroeke in ’n sak gegooi.

Hulle het toe op vlug geslaan met R6700 se kontant en klere ter waarde van R23 000. klere.
Die SAPD het nog geen arrestasies gemaak nie en ondersoek steeds die saak

LEES OOK:

Two armed robberies just 30 minutes apart
Goeie môre met ’n geweer

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button