CrimeNews

Ses jaar agter tralies vir gewapende roof

Na ’n kort hofsaak, staar mnr. Makhosi Masina ses jaar tronkstraf in die gesig.

Na ’n kort hofsaak, staar mnr. Makhosi Masina ses jaar tronkstraf in die gesig. Op 12 Februarie is hy gevonnis, nadat hy ’n vrou na bewering met ’n mes gesteek het en haar selfoon gesteel het.
Mnr. Simon Mathebula van CSC Tactical, was kort na die noodroep op die toneel. Hy het Masina gevra vir die mes. Mesina het die mes egter weggegooi, dit is later in Duncanstraat teruggekry.
Mathebula het in die hof gesê dat hy die polisie geskakel het om die verdagte te arresteer, maar volgens hom was die polisie besig gewees.

Daarom het hy vir Masina polisiestasie toe geneem, waar hy in hegtenis geneem is. Mathebula het ook die ambulansdienste gebel wat die slagoffer na die naaste hospitaal geneem het vir behandeling van haar wonde, aangesien sy meswonde in haar hand en ook in haar skouer gehad het.

Mathebula het die verhaal herroep, van waar hy in die laatoggend, omstreeks 11:15 ’n oproep ontvang het van radiokontrole, wat hom ingelig het oor die gebeure in Wellsstraat.
Hy het die toneel beskryf toe hy daar opgedaag het, ’n gillende vrou wat met ’n bebloede skouer wag om gehelp te word.

“Ek het hom gejaag nadat die slagoffer vir my die rigting uitgewys het waarin die verdagte gehardloop het. Ek het hom agterna gesit en hom gevang, waarna die slagoffer bevestig het dat dit die verdagte is. Die verdagte het gesê dat hy in Lynnville woonagtig is,” het Mathebula in die hof gesê.

Nadat die saak vir die eerste keer voor die hof verskyn het op 17 Augustus verlede jaar, en Masina skuldig gepleit het op 11 Januarie, is hy skuldig bevind aan gewapende roof en ook gevonnis.

READ ALSO:

Businessmen appear briefly in court
Molapo opts to represent himself in court

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button