Doktors tevrede met Morné se operasie
Morné Swanepoel die 17- jarige het weer eens die binnekant van ’n teater gesien en almal hoop dis die laaste keer.

Morné Swanepoel die 17- jarige het weer eens die binnekant van ’n teater gesien en almal hoop dis die laaste keer.
Op Donderdag Maart 10 het die dokter gesê hy is tevrede met Morné. Die jongman was die vorige dag weer in die operasiesaal.
Morné se wond is toegewerk en hy is steeds op sterk antibiotika.
“Ons is so bly ons is nou op die wenpad,” het me. Rene Swanepoel, Morné se ma gesê.
Twee maande het al verloop na die bootongeluk op Witbank Dam.
Morné en sy vriend, Stephan Marais was Sondag 10 Januarie in die hospitaal opgeneem na die binneband, waarop hulle agter ’n boot gesleep is, ’n klip getref en die twee seuns afgeslinger is.
“Dankie vir almal se gebede, boodskappe,oproepe en omgee. Die Here is so getrou en goed vir ons,” het me. Swanepoel gesê.
LEES OOK:
Morné en Stephan tuis na bootongeluk
Baie gebede vir Morne

