Local newsNews

Ongeluk eis ’n lewe

Die mis op die R545 het een dood tot gevolg gehad.

Die mis op die R545 het een dood tot gevolg gehad.
Op Vrydag, 11 Maart het ’n trokdrywer, wat onderweg was van Ogies na Ga-Nala glo nie die drie-rigting stopstraat by die Vaalpan afrit op die R545 gesien nie en nie stilgehou nie.
Mnr. Edwin Nel van Ga-Nala 911 het gesê dit het tot gevolg gehad dat ’n voertuig wat aan ’n sekuriteitsmaatskappy behoort onder die trok se sleepwa beland het.

Mc464- 1rs
Die Renault wat betrokke was in die ongeluk op Vrydagaand, omstreeks 12:30 op die R545 (Foto: Cindy Swart).

Die vier passasiers van die Renault is ernstig beseer. Inligting van die ondersoekbeampte het bevestig dat die drywer van die Renault Sondag 13 Maart in die hospitaal oorlede is, weens sy beserings.

“Twee van die vier passasiers is gister ontslaan uit die hospitaal, maar die ander twee is oorgeplaas na ’n hospitaal in Pretoria, as gevolg van hul beserings,” het die ondersoekbeampte bygelas.

Hy het ook gesê dat die voertuig onderweg was na Evander, vanaf eMalahleni en die ongeluk het omstreeks 23:30 plaasgevind.

“Hulle was by eMalahleni se skietbaan en was op pad na die maatskappy se terrein wat in Evander geleë is. Twee van hierdie maatskappy se voertuie was onderweg na Evander,” het hy ook gesê.

Volgens die sekuriteitsmaatskappy is hulle bewus van die ongeluk en ’n interne ondersoek word deur hulle ook gedoen. ’n Saak van roekeloos of nalatige bestuur word tans ondersoek teen die trokdrywer.

Mc464-2rs
Die wrak wat die lewe van een persoon geëis het op Vrydagaand, omstreeks 12:30 op die R545 (Foto: Cindy Swart).

Die vlootbestuurder van die trokmaatskappy het gesê dat die drywer hom gebel het na die ongeluk plaasgevind het. Volgens hom, het die drywer nie die interseksie gesien nie.

“Die pad is nie duidelik gemerk nie en die pad het ook nie die nodige merkers om aan te dui dat daar ’n interseksie is nie. Daar is geen Chevron borde of ’n stopteken nie,” het die vlootbestuurder bevestig.

Hy het ook bevestig dat die drywer geen beserings opgedoen het tydens die ongeluk nie.

“Van ons kant af gaan geen stappe teen die drywer geneem word nie, aangesien uit ons oogpunt, nie sy skuld was nie. Die pad was baie mistig ook gewees en dit maak sy sig moeiliker,” het hy ten slotte bygevoeg

Die saak word tans ondersoek deur die betrokke partye, asook deur die polisie.
Die liggaam van die Renault was teen druktyd steeds nie uitgeken nie.

LEES OOK:

Gru-ongeluk eis lewe: 24-jarige ma van twee sterf tragies
Nog ’n ongeluk in OR Tambo

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button