CrimeLocal newsNews

Inbraak na toemaaktyd

’n Inbraak het nie net geldelike skade nagelaat nie, maar ook herstelwerk.

’n Inbraak het nie net geldelike skade nagelaat nie, maar ook herstelwerk.

By ’n skrootwerf het rowers toegeslaan kort na toemaaktyd op Woensdag, 23 Maart. Daar is ’n onbekende bedrag geld gesteel asook ’n windbuks geweer.

“Sover hulle kon agterkom is dit al wat gesteel is. Dit het omstreeks 17:40 gebeur, kort na die besigheid gesluit is. Die sekuriteitsmaatskappy het daar aangekom maar die beampte het nie eers uit sy voertuig geklim nie, slegs voor die hek gestop en weer gery. Dit was na die alarm afgegaan het,” het die eienaar gesê.

Hy het ook gesê dat die polisie die volgende oggend eers uitgekom het om vingerafdrukke te neem.

“Die rowers het oor die een muur in die hoek geklim. Alhoewel daar ’n veld is, het hulle nie van daardie kant af gekom nie. Die winkel was skaars gesluit toe hulle toegeslaan het. Hulle het die besigheid se deur asook veiligheidshek gebreek om in die gebou te kom, nadat hulle eers by ’n venster wou inkom. Alles was op die sekurieitskameras te sien en ook hoe die veiligheidswag nie uit sy voertuig geklim het nie,” het hy bygevoeg.

Volgens die personeellid wat steeds daar was, het hy iemand opgemerk in die erf en dit is toe die rowers hom gesien het. Hulle het ook vir hom gesê dat hy moet plat lê en die goed is daarna gesteel.

“Hy sê ook dat hy met ’n geweer aangehou is, maar dit kan nog nie bewys word nie,” het die eienaar ten slotte gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button