Vier voertuie betrokke in botsing
Nadat een voertuig gedraai het, was drie ander voertuie ook vasgevang in ’n botsing. Op Woensdag, 23 Maart het ’n BMW met ’n Ford Focus gebots.

Nadat een voertuig gedraai het, was drie ander voertuie ook vasgevang in ’n botsing. Op Woensdag, 23 Maart het ’n BMW met ’n Ford Focus gebots.
Daarna is nog twee voertuie teen mekaar vas. Die drywer van die Ford Focus het gesê dat sy gedraai het na Corridorhill se kant, vanaf die N4 snelweg.
“Die BMW het my op my kant getref toe ek gedraai het,” het sy gesê.
Die ongeluk het in Mandelastraat plaasgevind.
Die bestuurder van die BMW het gesê dat die verkeerslig vir hom groen was, en het net skielik die ander voertuig voor hom gesien. Die ander twee voertuie het daarna teen die BMW gebots.
Dit was ’n Fiat Punto en ook ’n Volkswagen Caddy.
Niemand is ernstig beseer in die ongeluk nie.