CrimeNews

Wees meer paraat tydens inkopietyd

Einde van die maand inkopies is altyd die lekkerste, wanneer die geld vloei en winkelsentrums glimlag. Maar vir skelms is hierdie tyd van die maand die beste om toe te sak.

Einde van die maand inkopies is altyd die lekkerste, wanneer die geld vloei en winkelsentrums glimlag. Maar vir skelms is hierdie tyd van die maand die beste om toe te sak. Nie noodwendig om inkopiesentrums of winkels te beroof nie, maar die publiek wat hul hardverdiende geld gaan bestee.

Op Saterdag, 2 April was nog ’n slagoffer ’n statistiek in ’n diefstal by Highveld Mall.

“Ek het gaan geld trek by ’n OTM en is na Pick ‘n Pay clothing toe. Daar het iemand heeltyd aan my gestamp en ek het by die til gekom met die broek wat ek gekies het, net om te sien dat my beursie weg is. My kaarte en alles is gesteel wat in my beursie was. Een van die vrouens het nog ’n baba op haar heup ook gehad. Die beeldmateriaal wat aan ons verduidelik was, het daarop gedui dat daar drie vrouens en een man betrokke was. Ook op Highveld Mall se beeldmateriaal het een na my gewys toe ek by die winkel in is en hulle het my agtervolg. Op die beeldmateriaal kan mens ook sien hoe haal hulle my beursie uit en gee dit aan vir iemand anders,” het die slagoffer, me. Jackie Louw Dinsdag haar sê gesê.

Ongelukkig was geen terugvoer beskikbaar vanaf Highveld Mall teen druktyd nie.

LEES OOK:
Suspect caught on camera for ATM fraud and theft
Lamp post theft

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button