Local newsNews

eMalahleni glimlag saam Miané

“Elke dag word ons geseën met ’n wonderwerk op ’n wonderwerk."

“Ons God is so goed,” het Miané se ma, me. Claudette Anslie die afgelope week gesê oor haar dogtertjie se vordering.

Miané het op 9 November 2015 byna verdrink toe sy in ’n opblaas swembad geval het by haar ouma se huis.

“Elke dag word ons geseën met ’n wonderwerk op ’n wonderwerk, elke stappie is ’n verbetering en ons weet dat volkome genesing om die draai is, het Claudette gesê.

CV312rs
Miané Anslie se vordering is só goed dat sy al glimlag en haar fokus hou.

Miané het oor die afgelope vyf maande soveel verbetering getoon dat die inwoners van eMalahleni nie anders kan as glimlag nie, want sy het ook begin glimlag.

“Sy glimlag so mooi en ek kon dit uiteintlik op ’n foto vasvang,” het haar mamma gesê.

WITBANK NUUS het vroeër berig dat Miané al so goed vorder dat sy fokus behou met haar oë.

“Al wat sy nou moet doen is begin loop en praat en ek glo dit kan binnekort wees,” het Claudette gesê.

Verder is daar ook vertel dat die wonderwork-kindjie sommer net begin lag en klein geluidjies maak as sy gelukkig is.

“Sy begin ook huil wanneer sy nie van iets hou nie. Toe haar oupa met haar begin gesels het, wou sy net opgespring het. Sy skop so ewe haar bene op en druk haar lyfie so ver as kan op,” het haar ma bygevoeg.

Soos die gemeenskap van eMalahleni reeds weet, is daar ’n fonds gestig om Miané se hospitaalrekening te help delg. Fondse kan direk in Life Kosmos Hospitaal se rekening inbetaal word. Bankbesonderhede is as volg:

FNB
Life Cosmos Hospital
Tjekrekening: 54300040646
Takkode 270250
Verwysing: 443792 Ainslie.
Faks asb bewys van betaling aan: 086 686 8812.

“Dankie vir die gemeenskap wat hierdie lang vyf maande saam ons familie gestap het en steeds doen. Die Here se tyd is altyd die regte tyd,” het Claudette ten slotte gesê.

LEES OOK:
Dogtertjie (1) verdrink byna
Miané is sterk op pad na genesing

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button