Local newsNews

Gebrande bakkie se bestuurder gevind

’n Man wat sy bakkie gesoek het nadat hy in ’n ongeluk daarmee was en nie kon onthou wat gebeur het nie, het sy bakkie op ’n foto in die koerant herken.

’n Man wat sy bakkie gesoek het nadat hy in ’n ongeluk daarmee was en nie kon onthou wat gebeur het nie, het sy bakkie op ’n foto in die koerant herken.

WITBANK NUUS het in die vorige uitgawe berig oor ’n leë huis wat uitgebrand het in Eugene Mariasstraat op 14 April. Daar was ook ’n verlate bakkie op die erf, wat ook uitgebrand het.
Die bakkie is reeds op 3 April in die motorhuis aangetref deur die polisie en lede van die polisiëringsforum, nadat dit deur die muur gejaag het.

Volgens me. Madelon Troskie van die CPF kon die polisie nie die eienaar van die voertuig opspoor nie, aangesien die voertuig steeds op die ou eienaar se naam is.
Maandag, 18 April het ’n man by Witbank Polisiestasie opgedaag om ’n verklaring te gaan aflê oor die bakkie en die ongeluk.

CV314rs
Die leë huis in Eugene Maraisstraat wat op 14 April in ’n brand vernietig is. ’n Verlate bakkie op die erf het ook uitgebrand.

Na bewering ly die anonieme man aan ’n geestestoestand en het geweet hy het ’n ongeluk gemaak, maar kon nie onthou waar nie.
Daar word ook verder beweer dat die man van ’n bakleiery by ’n bekende nagklub wou wegkom na hy teen die kop geslaan is op 2 April.

Hy het glo die aand net aanhou ry toe hy eweskielik in ’n muur vas is. Hy het van die toneel af geloop om te soek vir hulp.
Hy is glo deur die bestuurder van ’n insleepdienste voertuig opgelaai en huis toe geneem. Die man kon nie onthou watter insleepdienste dit was nie.

Die man waar hy bly het glo saam hom polisiestasie toe gegaan, maar die man wou nie met WITBANK NUUS praat nie.
Volgens Witbank Polisie is daar geen dossier oopgemaak nie en die mans wil anoniem bly.
Dit het intussen aan die lig gekom dat die brand in die kombuis van die leë huis ontstaan het.

LEES OOK:
Missing car and man found
My voertuig steeds skoonveld

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button