Local newsNews

Nog geen antwoorde vir familie

Die Vickery-familie kan nog steeds nie die boek toemaak na hul ma, Rita Vickery, se dood drie weke terug nie.

Die Vickery-familie kan nog steeds nie die boek toemaak na hul ma, Rita Vickery, se dood drie weke terug nie.

Die Departement van Gesondheid het gesê hulle sal opvolg om uit te vind hoekom Vickery (67) nie op Maandag 4 April in die hospitaal opgeneem is nadat sy met ’n provinsiale ambulans daarheen vervoer was nie.
Tot op hede was daar geen terugvoer van die departement af nie.

Vickery se seun, André, het gesê hy het die aand waarop sy ma verdwyn het op Zello hulp gevra omdat sy ma buite beheer geraak het. Vickery het aan Alzheimer gely.

Die provinsiale ambulans het haar by haar huis op Clewer opgetel, maar sy is nooit in die hospitaal opgeneem nie.
André het vertel hoe hy vir twee dae lank elke kamer in die hospitaal deurgegaan het, op soek na sy ma.
Die familie se soektog het uitgekring en Vickery se foto is op sosiale media versprei in die hoop dat iemand haar sou herken en sy gevind word.

Nadat ’n joernalis met die familie in aanraking gekom het, is daar vasgestel dat die onbekende vrou wat Donderdag 7 April naby die ou Pretoria begraafplaas dood aangetref is, wel Vickery was.

“Ons kry net geen antwoorde nie, alles is nog steeds ’n raaisel,” het me. Cornel van der Merwe, André se verloofde gesê.

Vickery is in Bronkhorstspruit begrawe.

LEES OOK:
Terwyl familie soek, is ma reeds dood
Unidentified body found

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button