CrimeLocal newsNews

Kar dwarsdeur muur

Terwyl ’n man in Steynstraat in sy sitkamer gesit en TV kyk het, het ’n kar skielik deur sy erf se muur gebars.

Terwyl ’n man in Steynstraat in sy sitkamer gesit en TV kyk het, het ’n kar skielik deur sy erf se muur gebars.
Die res van die familie het reeds geslaap toe die Toyota,Woensdag 20 April deur die muur gejaag gekom het.

Die bestuurder het in Watermeyerstraat beheer oor sy voertuig verloor en oor die middelman gejaag, ’n ander voertuig in die proses getref, ’n watermeter uit die grond geruk, deur die voorste muur gejaag voordat dit voor die sitkamervenster tot stilstand gekom het.

DC930ars
Die Toyota het dwarsdeur die muur gery.

’n Buurvrou wat die verskriklike slag gehoor het, het gesê dat sy groot geskrik het.

“Ek is papnat gespuit toe ek die voordeur oopmaak,” het die buurvrou gesê, wie se voordeur naby die stukkende watermeter geleë is.

Die bestuurder van die Toyota is op die toneel gearresteer en ’n saak van roekelose of nalatige bestuur en bestuur onder die invloed word teen hom ondersoek.

DC930brs
Die Volkwagen is ook deur die Toyota getref.

Die bestuurder van die Vokswagen was baie ontsteld op die toneel. “Hy het baie vinnig gery, my kar is nou opgef*k,” het die man kwaad gesê.

Witbank Polisie het 23 mense verlede naweek, met die hulp van die verkeerskontrole taakmag van Pretoria, gearresteer op klagtes van bestuur onder die invloed.

LEES OOK:
Road block operation on N4 arrests 52 alleged drunk drivers
Motorists encourage to drive dry

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button