CrimeNews

Strate nie meer veilig nie

Deesdae word aanvalle met messe al hoe meer na drie gevalle aangemeld is die afgelope week.

Deesdae word aanvalle met messe al hoe meer na drie gevalle aangemeld is die afgelope week.
Op Sondag 1 Mei was ’n man op pad na ’n kuierplek toe hy oorval is deur drie mans.
Een van die drie verdagtes het ’n mes op die man gerig en al sy besittings geëis. Die drie verdagtes het toe op vlug geslaan met die goedere.

Net ’n paar ure na die eerste voorval het ’n vrou om hulp gaan soek by die polisie na sy ook deur drie onbekende mans benader is toe sy op pad huiswaarts was in Plumerstraat.
Volgens die slagoffer het net een verdagte ’n mes by hom gehad, terwyl die ander twee verdagtes haar selfoon asook R450 kontant by haar afgevat het.

In ’n ander geval wat op Maandag, 2 Mei plaasgevind het daar glo ’n groot bakleiery uitgebreek in Walter Sisulustraat oor ’n groep verdagtes wat ’n man en sy broer glo probeer beroof het.
Volgens die slagoffers het hulle langs die pad gesit en gesels toe daar ’n groep mans hul genader het en probeer beroof het.

Daar is verder beweer dat die verdagtes allerhande voorwerpe in hul besit gehad het, waarmee hulle die slagoffers beseer het.
Die man het ook verder beweer dat hy met ’n mes in die proses gesteek is.
Die onbekende groep verdagtes het die twee slagoffers beroof van hul selfone asook R1 500 kontant.

Nog geen arrestasies is gemaak nie, maar die polisie is besig om die sake verder te ondersoek.

LEES OOK:
Life on the balance of a knife
Attacked in her own back yard

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button