CrimeNews

Dagga by dosyne

Witbank Polisie het geen genade vir dagga-, dwelms en diewe nie.

Witbank Polisie het geen genade vir dagga-, dwelms en diewe nie.
Die afgelope week het die polisie weereens die strate van eMalahleni goed skoongemaak met arrestasie op arrestasie wat dwelms en dagga behels.

Op Maandag, 2 Mei, terwyl die polisielede hul pligte nagekom het, het hul inligting verkry van ’n bron wat vir hulle vertel het van ’n man wat besig is met die verkoop van dwelms.

Toe die polisie op die toneel aankom het die verdagte probeer wegkom, maar het nie geslaag nie en is gevang. Een van die polisielede het die verdagte deursoek waarop hy op dwelms afgekom het.
Die verdagte is dadelik in hegtenis geneem en sal in die hof verskyn op ’n klagte van die besit van dwelms.

Vroeër daardie dag is daar nog vier arrestasies gemaak vir die besit van dwelms.
Polisielede op diens het patrollie gery toe hul op ’n verdagte klomp onbekende mans afgekom het.
Hulle het die vier mans benader en ondersoek waarop hul by twee van die vier verdagtes dagga gevind het. Hulle is op die toneel gearresteer.

“Dwelms was nog altyd ’n groot probleem in eMalahleni maar die dwelmhandelaars moet maar wyd kyk, want ons is op hul spore,” het die mediawoordvoerder van Witbank Polisie, kapt. Eddie Hall ten slotte gesê.

LEES OOK:
14-year-old arrested for selling dagga
Two men busted for dagga

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button