Dohan en Johan-Rick – vyf maande later
Die Greeff-gesin se lewe is vyf maande gelede wreed ontwrig toe die twee broers Johan-Rick en Dohan tydens die Desember-vakansie met ’n mes gesteek is op Margate.

Die Greeff-gesin se lewe is vyf maande gelede wreed ontwrig toe die twee broers Johan-Rick en Dohan tydens die Desember-vakansie met ’n mes gesteek is op Margate.
Vroeër die week het Dohan egter opgewek vertel dat alhoewel alles bietjie in hul huishouding se roetine verander het, dit goed gaan met hom en sy broer.
Die aanval het letsels op beide die jong mans gelaat. Dohan is blind in sy een oog en het ook nie 100% sig in sy ander oog nie. Daarom kan hy nie meer kar bestuur nie en kan hy ook nie gaan werk nie.
“Ek kan darem redelik sien, maar ek mag glad nie agter ’n kar se stuurwiel inklim nie. Ek gaan gereeld vir opvolgbesoeke in Pretoria,” het hy gesê.
Johan-Rick het onlangs begin werk. Sy oor het nog nie ten volle herstel nie. As daar geen verbetering kom teen Oktober nie beplan die dokters om ’n gehoorstuk in sy oor te plaas.
Die aanval op Dohan en Johan-Rick het op 23 Desember in Margate gebeur.
Dohan is die aand voor die woonstel waar die gesin vakansie gehou het, met ’n mes aangehou en van sy selfoon beroof. Kort daarna het hy, Johan-Rick en hulle pa, mnr. Boet Greeff, die booswigte gaan soek.
Mnr. Greeff het sy seuns by ’n pretpark naby die hoofstrand afgelaai in die hoop om die verdagtes te kry. Hulle sou mekaar later by die Wimpy ontmoet.
Johan-Rick het sy pa se gaspistool uitgehaal toe drie vreemde mans skielik hulle verskyning gemaak het. Toe die mans nader kom het hy met die gaspistool op hulle geskiet.
Twee het hulle uit die voete gemaak en Dohan het die derde man agterna gesit.
Die man het hom by die roomysstalletjie ingewag en in die hardloop met ‘n mes gesteek.
Johan-Rick se been is in gips en hy kon nie so vinnig hardloop nie. Hy het gesien hoe Dohan gesteek word. Hy het ook met die gaspistool op die man losgetrek.
Die man het Johan-Rick ook oorval en met dieselfde mes gesteek
LEES OOK:
Dit gaan beter met die twee broers
Johan-Rick ontslaan, Dohan steeds in intensiewesorgeenheid

