CrimeNews

Die grondpad van messe en rowers

Die afgelope week is vier inwoners van eMalalheni die slagoffers van ’n mes rooftog gewees.

Die afgelope week is vier inwoners van eMalalheni die slagoffers van ’n mes rooftog gewees.
Op Woensdag, 4 Mei was Sinoxolo Mngomezulu net na sononder op pad huis toe nadat hy by een van sy vriende se huis studeer het.

“Ek loop so baie daardie pad dat ek nooit in my lewe gedink het dis onveilig nie,” het Mngomezulu vertel hoe twee onbekende mans hom benader en beroof het met ’n mes.

“Die verdagtes het soos jou alledaagse mense gelyk, nogal verby my geloop en gegroet,” het hy ook gesê.

Net toe die twee verdagtes verby Mngomezulu loop het een van die rowers omgedraai en hom aan sy broek geruk terwyl die ander rower ’n mes uitgepluk het.

“Ek het totaal en al kalm gebly en vir die rowers gesê dat hulle alles by my kan vat maar my net nie moet seermaak nie, het Mngomezulu verder gesê.

Hulle het na bewering sy sak by hom afgevat en in die bosse in verdwyn.

“Ek het met spoed begin loop sodat ek net nader aan ’n publieke plek kon kom en veiliger voel,” het hy gesê.

Die toename van rooftogte waar messe as wapen gebruik word, het in die afgelope maand in eMalalheni toegeneem en inwoners kan nooit vir seker wees dat die persoon wat langs jou loop nie gewapen is nie.
Die ander voorvalle wat op 4 Mei gebeur het, is nog drie inwoners slagoffers van mes rooftogte, maar gelukkig genoeg gewees om sonder beserings weg te kom.

In die tweede voorval het Godfrey Mthombeni langs die inloop van ’n bekende grondpad gestaan en wag vir ’n saamrygeleentheid toe twee onbekende mans langs hom kom staan het.

“Dit het voorgekom dat die verdagtes ook wag vir ’n saamrygeleentheid en ek het niks vermoed nie aangesien hierdie ’n bekende plek is om duim te gooi,” het Mthombeni aan polisie bevestig.

Die een man het glo toe Mthombeni se aandag probeer trek terwyl die ander rower ’n mes op hom gerig het.
Hy het verder aan polisie gesê dat die twee verdagtes hom saggies gevra het vir sy besittings of hulle sal hom steek.
Mthombeni het oorgegee en sy skoolsak asook selfoon aan die rowers oorhandig waarop die twee booswigte op vlug geslaan het.

Die ander twee voorvalle het soortgelyk soos bogenoemde gebeur toe twee slagoffers in twee versklillende voorvalle aangeval is met ’n mes terwyl hulle die aand op pad huis toe is.

Daar is beweer dat in elk van die voorval ook twee onbekende mans was waarvan een ’n mes by hom gehad het en die ander verdagte die slagoffers vasgehou en beroof het.
Nog geen arrestasies is gemaak nie maar Witbank Polisie is hard besig om die voorvalle te ondersoek.

“My boodskap aan rowers is, vat al my besittings maar moet my nie leed aandoen nie,” het Sinoxolo ten slotte gesê.

LEES OOK:
Mes-aanval in nagklub
Phone robbers armed with knives

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button