CrimeNews

Ou kalant weer agter tralies

Wakker lede van die polisie het inligting opgevolg en ’n ou-dwelmsmous weer gearresteer.

Wakker lede van die polisie het inligting opgevolg en ’n ou-dwelmsmous weer gearresteer.
Die dwelmsmous, wat op straat as KC bekend staan is Vrydag 13 Mei gearresteer.

Volgens inligting het hy die dwelms onder die rathefboom se leer omhulsel in sy kar versteek.
Lede van die Misdaad Intelligensie-eenheid en Witbank Polisie het die kar gevolg, gestop en die dwelms gevind.

Wat kommerwekkend is, is dat die dwelmhandelaar al ’n hele rits sake agter sy naam het.
Hy is al twee keer in 2009 vir dwelmverwante oortredings gevang. In beide die sake is die lasbrief vir sy inhegtenisname gekanselleer en die sake teruggetrek.
Hy is weer in 2011 gearresteer vir besit van dwelms en die saak is op 15 Oktober verlede jaar teruggetrek.
Hy het homself weer in 2012 in die lang arm van die gereg vasgeloop en die keer is die lasbrief hangend.

Polisiewoordvoerder kapt. Eddie Hall het gesê die stasiekommissaris Brig. Delisiwe Goodness Motha het ’n lys van die sake teen die dwelmsmous aangevra.

“Brig. Motha het ’n vergadering belê met die senior staatsaanklaer om die sake te bespreek,” het kapt. Hall gesê.

Volgens kapt. Hall glo Brig. Motha dat deur effektiewe ondersoekwerk, die vinnige ontleding en terugvoer van die forensiese laboratoriums en die samewerking van die Departement van Justisie kan dwelmsmouse effektief gevonnis word.

LEES OOK:
Dwelms eis nog twee slagoffers
Dwelms weg op strate maar in by tronke

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button