
Twee voetgangers het in ’n tref en trap omgekom.
Op Sondag, 22 Mei het ’n voertuig glo uitgeswaai vir twee voetgangers wat die pad probeer oorsteek het. Daarna het ’n bakkie hulle raakgery en toe ook ’n swaar- motorvoertuig.
Die familie van die oorledenes is steeds soek, aangesien hulle geen identifikasie by hulle gehad het nie.
Volgens inligting, is dit ’n bejaarde man en vrou. Die man het ’n tatoeëermerk op sy linker onderarm en die vrou het kort hare, en altwee is klein van postuur.
Die ongeluk het kort voor die voetbrug op die N4- snelweg gebeur.
Sers. Marius Etsebeth hanteer die ondersoek en indien enige iemand inligting het oor die oorledenes se familie, kan hy gekontak word op 060 937 5257.
LEES OOK:
Motorfiets eis voetganger se lewe
‘Stop asseblief by stopstraat!’
