
Rowers het toegeslaan op ’n winkel in die Saveways Crescent sentrum waar mansklere en ook selfone gesteel is.
Op Saterdag, 21 Mei omstreeks 09:30 het vyf gewapende rowers die winkel beroof. Hulle het met selfone en het ’n paar items van die uitverkopingsvloer af weggekom.
Me. Charmaine Swiegers het gesê dat die winkel op daardie stadium nog stil was en geen skade aan die klant of werknemers aangerig is nie. Sy het ook gesê dat daar op daardie stadium slegs een klant in die winkel was.
“Almal in die winkel is opdrag gegee om te doen wat daar gevra word, en die sentrum se sekuriteit het die verdagtes sien wegkom in ’n wit Nissan bakkie asook ’n wit BMW,” het Swiegers ten slotte bygevoeg.
Geen arrestasies is in hierdie verband gemaak nie.
LEES OOK:
Inbraak na toemaak tyd
Soveelste inbraak by besigheid
