
Verkragting is ’n ernstige misdryf maar die verkragting van ’n minderjarige is walglik.
Na bewering is ’n 12-jarige meisie verkrag deur ’n familievriend, net ’n entjie van haar ouerhuis af.
Op Vrydag, 20 Mei het die meisie glo vir haar ma gesê dat sy na ’n vriend toe gaan, maar het nooit weer teruggekom daardie dag nie.
Sy het glo Saterdag, 21 Mei laatmiddag, huilend by haar ouerhuis aangekom.
Haar ma het haar gevra waar sy was en dis toe die meisiekind haar ma vertel het dat sy verkrag is.
’n Familievriend het glo die meisie langs die pad ontmoet en saam haar gestap tot sy ‘veilig’ by haar vriend se huis kom.
Sy het verder beweer dat die man haar vertel het van ’n beter en ‘veiliger’ pad en sy het saam hom gestap. Dis daar waar sy glo verkrag is.
Die dogter en haar ma het dadelik na Witbank Polisie gegaan om ’n saak van verkragting oop te maak teen die man.
Nog geen arrestasies is gemaak nie, omdat die man nie opgespoor kon word nie, maar die ondersoek duur voort.
LEES OOK:
10-year-old girl raped by trusted family friend
Rape victim jumps out of window to escape
