CrimeNews

Diewe steel knippers en word toe dors

’n Woedende me. Susan Jooste het vertel hoe haar besigheid besteel is en daarmee saam haar spaargeld.

’n Woedende me. Susan Jooste het vertel hoe haar besigheid besteel is en daarmee saam haar spaargeld.
Die vermoede bestaan dat daar tussen middernag en 03:00 op Maandag, 30 Mei, by Jooste se haarkappers, ’n troeteldierwinkel en ook by ’n karwas ingebreek is.

“In die drie jaar sedert ek my haarkappers geskuif het vanaf Tasbetpark, was hierdie die eerste inbraak. Al my knippers is gesteel, my gereedskap en ook my duur knipper waarmee ek sterretjies en vorms gesny het. Die sleutel van die kluis het reg langs die kluis gelê, maar hulle moes dit oopbreek, nes barbare. Die veiligheidshek het reeds ’n opening, maar diè het hulle ook gebreek. Altwee die deure is onder oopgebreek en ons vermoed dat dit kinders of baie klein mense was, as gevolg van die handmerke se grootte,” het Jooste met ’n swaar gemoed vertel.

Verder het sy bygevoeg dat sy ’n staalblik gehad het waarin sy vir die afgelope vier jaar, elke dag R200 gesit het.

“My bootgeld is ook nou weg. Verder het hulle net kontant gesteel wat in die haarkappery was en baie van my gereedskap,” het sy bygelas.

In die troeteldierwinkel het die rowers slegs die alarmsisteem uitgebreek en ook gate in die dak gemaak om vermoedelik toegang te kry tot die winkel. Die elektrisiteitsboks is ook beskadig, omdat die inbrekers vermoedelik gedink het dat daar van die alarm se kabels in was. Die eienaar van die winkel het Maandag gesê dat hy nog nie honderd persent seker is van die skade nie, aangesien dit steeds getel moet word, maar sover kon hy niks agterkom nie.

Mc562-1rs
Een van die deure wat op Maandag, 30 Mei beskadig is deur diewe wat by ’n mans haarkapper ingebreek het.

Mc562-2rs
Die kragboks wat beskadig is in die vroeë oggendure van Maandag, 30 Mei deur inbrekers by ’n troeteldierwinkel.

By die karwas se winkel is daar lekkergoed en koeldrank gesteel, en daar is ook ’n opening onder in die muur gemaak, waardeur hulle ook vermoedelik geklim het. “Barbaars,” het Jooste prewelend gesê toe sy na die opening in die muur gewys het.

“Hier was nie baie skade nie, aangesien hier nie enigiets waardevol is om te steel nie. Ons het hier nog halfgedrinkte koeldrankblikkies gekry,” het sy na die muur, naaste aan die opening gewys.

“Dit is seker maar mense wat hul dwelmverslawing wil ondersteun, maar hulle besef nie die skade wat aangerig word nie,” was Jooste se woorde.

Sy het ook bygelas dat die sekuriteitsmaatskappy hul nie eers in kennis gestel het dat daar ’n inbraak was nie. Die eienaar van die troeteldierwinkel het Maandagoggend omstreeks 03:00 ’n alarm ontvang waarna die maatskappy hom verseker het dat alles nog reg is by die perseel, en hierdie ‘verrassing’ was laaste wat hul Maandagoggend met opening verwag het.

Witbank Polisie was op die toneel en het vingerafdrukke geneem. Die saak sal verder ondersoek word.
Geen terugvoer is teen druktyd ontvang van die sekuriteitsmaatskappy.

LEES OOK:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button