Local newsNews

Xtreme Buddies benodig jou hulp

eMalahleni worstel met ’n groot dwelmprobleem – ’n probleem wat veral ons stad se jongmense erg teiken en daagliks toeneem.

eMalahleni worstel met ’n groot dwelmprobleem – ’n probleem wat veral ons stad se jongmense erg teiken en daagliks toeneem.

’n Organisasie wat hul daarvoor beywer om Christelike ondersteuning en nasorg bediening aan dwelmverslaafdes te lewer, is Xtreme Buddies.

Volgens me. Elize Banks, wat aan die hoof staan van Xtreme Buddies, is daar baie suksesverhale van dwelmverslaafdes wat ’n omkeer gemaak het in hul lewens, danksy die regte hulp, terapie, nasorg en ondersteuning.
Maar, om hul sukses in die stad voort te sit benodig Xtreme Buddies dringend die hulp en ondersteuning van die gemeenskap.

Omdat daar baie mense is wat by hulle aanklop en nie hul sessies kan betaal nie, word die gemeenskap gevra om te help met die borg van sessies.

Kostes beloop R200 per sessie en R1 000 per maand per persoon

“My droom is dat ons genoeg borge kan kry om elke sessie hier te dek. Ons wys niemand weg wat nie kan betaal nie, almal word gehelp en daarom benodig ons die gemeenskap se hulp,” het me. Banks, gesê.

Omdat Xtreme Buddies op Christelike beginsels bedryf word, maak hulle gebruik van die Bybel as grondslag.
As daar mense is wat kan help met die skenk van Bybels, sal dit ook baie waardeer word. Dit is veral die Afrikaans 1983 vertaling en Engels (New International Version of New King James Version) wat in aanvraag is.
Xtreme Buddies se bankrekening besonderhede is soos volg:

Standard Bank (Witbank-tak), Takkode: 052750, Tjekrekening, Rek nr: 06 095 3527. Verwysing: sms na 083 226 3689.

Besighede moet daarop let dat finasiële bydraes van belasting geëis kan word.

Vir enige navrae, skakel Xtreme Buddies: 013 697 4066 of 082 449 2360.

Kom ons staan saam om dwelm-misbruik in ons gemeenskap te beveg.

LEES OOK:
The battle with drugs continue
15-jarige kry oordosis heroïne in: Twee wat help inspuit se borg geweier

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button