CrimeNews

Honde word uitgewis en inwoners besteel

“My oom het net na 05:00 die huis verlaat toe was my hond nog springlewendig. Om 06:30 het my dogter iets vermoed toe sy ons hondekind in ‘n blombak sien lê en ruk,”

Elke dag loop daar diewe en rowers oral in die strate rond, elkeen met sy eie bose plan vir die volgende teiken.
’n Gesin was Maandag, 20 Junie die soveelste keer die slagoffer van booswigte wat troeteldiere vergiftig deur die dodelike gif Timik (two-step) te gebruik.

CV373crs
Die hondekind van die hartseer familie wie se honde vergiftig is op Maandag, 6 Junie.

“My oom het net na 05:00 die huis verlaat toe was my hond nog springlewendig. Om 06:30 het my dogter iets vermoed toe sy ons hondekind in ‘n blombak sien lê en ruk,” het die eienaar van die hond gesê.

Die familie het dadelik hulle hond na ’n dierekliniek gehaas,

“maar sy moes ’n hele proses deurgegaan het voor ons haar mag gesien het,” het die hartseer vrou vertel.

Sy en nog ‘n inwoner naby aan haar het beweer dat dit nie ’n nuwe toertjie is nie, omdat die voorval al voorheen gebeur het.

CV373brs
Die deur en veiligheidshek wat oopgebreek is om toegang te kry tot die bure se huis wat langs die familie woon wie se hond net die vorige oggend op Maandag, 6 Junie vergiftig is.

“Amper drie jaar terug het ek my eerste huis hier gekoop, dit het veilig gelyk tot die vierde maand wat ek hier gebly het. Die booswigte het my ses maande oue hondjie vergiftig en gewag tot ek gejaag het vir hulp om my huis leeg te dra,” het Petro Bodenstein vertel.

“Ons familie het vroegoggend wakker geword van my hond wat histeries geblaf het, dis toe dat my man en ons aanstaande skoonseun buite gegaan het om te kyk wat haar so pla, maar kon niks verdag sien nie,” het die vrou gesê.

Die familie is gebroke en wens dit nie vir geen mens toe nie.

“My man het die volgende dag, 21 Junie heeldag by die huis gewag vir as die booswigte hul terugkeer maak, maar niks het verder gebeur nie. Die bom het gebars toe my bure die volgende dag beroof is,” het sy bygevoeg.

Daar is baie vrae oor die gebeure en hoekom die diewe toegesak het op die familie se bure.
Daar word beweer dit was om die hond stil te maak om toegang te verkry by hul bure net enkele meters weg van hul hek.

“Hulle maak soveel skade om ons hekke en deure te verwoes en dit net vir ’n televisie,” het die vrou gesê.

’n Hond bly ‘n hond en sal nooit nee sê vir n stukkie lekkerny nie.

“Ek sê as jy ‘n weerlose dier kan vermoor en mishandel is jy ְ’n lafhard en kan dan ook die mens uitwis,” het me. Bodenstein ten slotte gesê.

LEES OOK:
‘Two step’, die wals van die dood
‘Huff-puff’ en baksteenmure is af

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button