Polisievoertuig in ongeluk betrokke
’n Polisievoertuig het teen ’n trok gebots, waar albei insittendes van die polisievoertuig beseer is.

’n Polisievoertuig het teen ’n trok gebots, waar albei insittendes van die polisievoertuig beseer is.
“Ons kan bevestig dat die ongeluk Woensdag, 22 Junie op die brug in OR Tambostraat plaasgevind het. Die oorsaak van die ongeluk is steeds nie bekend nie, maar die trokdrywer is nie beseer nie, terwyl albei insittendes van die polisievoertuig na Life Cosmos Hospitaal geneem is vir behandeling,” het kapt. Eddie Hall, polisiewoordvoerder gesê.
Kapt. Hall het ook bygevoeg dat die polisievoertuig onderweg was na die polisiestasie, vanaf Klipfontein se kant. Hulle wou reguit oor die verkeerslig gery het, en die trok wou regs draai op die N4-snelweg, na Pretoria.
“Die botsing het plaasgevind en die polisievoertuig het op sy kant te lande gekom. Sers. Sipho Mabena het die voertuig bestuur en hy het ligte beserings aan sy been opgedoen. Konst. Manganke Mashaku was aan die passassierskant en het ligte beserings aan sy arm opgedoen,” het kapt. Hall ten slotte gesê.
Die oorsaak van die ongeluk is steeds nie bekend nie, en die trokdrywer was ook nie beskikbaar vir kommentaar nie.
LEES OOK:
Police official lands next to graveyard
Two people die in separate accidents
