CrimeNews

Dagga in die gatsak

Twee jong mans is in hegtenis geneem op klagtes van die besit en handel van dagga die afgelope week.

Twee jong mans is in hegtenis geneem op klagtes van die besit en handel van dagga die afgelope week.
Die inwoners van eMalahleni weet al teen die tyd dat die polisie sterk gekant is teen dagga.

Donderdag, 30 Junie het twee jong manne hulself vasgeloop teen die gereg toe hul deur die polisie deursoek is.
Die polisielid wat op diens was het ’n oproep van ’n anonieme inwoner ontvang na sy onraad vermoed het toe sy twee seuns gesien het wat in Watermeyerstraat staan en goedere uitruil.

Die polisie het dadelik na die straat gery waar die twee verdagtes klaar in hulle eie rigtings begin loop het.
Op een van die verdagtes is daar drie boksies dagga gevind waar die jonger verdagte met net een boksie gevang is, glo in sy gatsak.

Die verdagtes is gearresteer en sal binnekort in Witbank Landdroshof verskyn op die klagte van onder andere die besit en handel van dwelms.

Dis nog nie bekend of een van die twee verdagtes minderjarig is nie.

LEES OOK:
Police slam down on the dagga trade
Ga-Nala police close shop for dagga sellers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button