CrimeNews

Diefstal uit motorvoertuig is die nuwe ‘in-ding’

’n Vermeende rower is vasgetrek by ’n besigheid nadat hy by ’n voertuig wou inbreek.

’n Vermeende rower is vasgetrek by ’n besigheid nadat hy by ’n voertuig wou inbreek.

Die voorval het by ’n hardewarewinkel in Mandelastraat plaasgevind op Woensdag, 3 Augustus, omstreeks 13:20.
Die slagoffer het aan die polisie vertel dat hy sy voertuig gesluit het, en by ’n stalletjie gaan kos koop het.

Hy het seker gemaak dat die voertuig gesluit was en toe hy terugkeer, was die een deur effens oop. Die persoon in die voertuig langs syne, het aan hom vertel dat iemand sy deur oopgemaak het en dat die verdagte vermoedelik iets wou steel. Sy het dadelik die sekuriteitswag in kennis gestel en hy het die verdagte vasgetrek.

Nog ’n soortgelyke misdaad is verlede week aangemeld by Witbank Polisie. Op Maandag, 1 Augustus omstreeks 19:00, het die slagoffer sy voertuig gesluit toe hy by ’n winkelsentrum uitgeklim het, ook in Mandelastraat. Hy het aan die polisie vertel dat die alarm selfs geaktiveer was toe hy sy voertuig verlaat het en met sy terugkoms, opgemerk het dat die agterdeur oopgestaan het.

Hy het ook vertel dat hy nie onmiddellik agtergekom het dat iets gesteel is nie. Eers toe hy by die huis sy skootrekenaar soek, saam met die klere in sy kar, het hy besef dat dit gesteel is.

LEES OOK:
Gastehuis beroof deur ‘gaste’
Diefstal-verdagtes in die hof

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button