CrimeNews

Gastehuis beroof deur ‘gaste’

Gaste by ‘n gastehuis was die oorsaak van baie skade vir me. Anette de Villiers.

Twee gaste het volgens De Villiers by haar gastehuis in eMalahleni ingeboek onder ‘n besigheid se naam en is daar uit sonder om te betaal.
Dit was op 12 Julie en hulle is tussen 18 Julie en 19 Julie by die gastehuis weg. Saam met hulle is die gastekamer se televisie, yskas, mikrogolfoond, die kamer se sleutels asook die hek se sleutels van die gastehuis, weg.

Aangesien daar nie op ‘n naweek skoongemaak word nie, is De Villiers nie seker van die datum wanneer hulle wel uit die kamer is nie. Volgens hul vorm toe hulle ingeboek het, het hulle aangedui dat hulle vanaf 12 Julie tot 31 Julie in die gastehuis sou bly.
“Hulle het die Sondag hier aangekom. Tot die Dinsdag het ek nog geen betaling ontvang van hul maatskappy af nie. Ek het Woensdag hul ‘finansiële bestuurder’, soos aangedui op hul vorm, gebel en gevra wanneer ek my geld sou kry. Hy het gesê dat daar probleme is met die oorbetalings en dat hulle dit so gou moontlik sal uitsorteer,” het De Villiers gesê. Op Vrydag 17 Julie was daar steeds geen woord van enige betaling nie.

In ‘n gesprek tussen die sogenaamde finansiële bestuurder se huidige werkgewer en De Villiers, het sy vasgestel dat hy vir ‘n restaurant in Pretoria werk. Sy broer, een van die verdagtes het ook daar gewerk maar het ongeveer twee weke terug nie opgedaag vir werk nie.
Hierdie inligting het De Villiers vasgestel via e-pos. Die sogenaamde finansiële bestuurder het ook vir De Villiers gesê dat hy nie weet waar sy broer is nie, hulle soek hom al vir drie weke. Die twee verdagtes wat in die gastehuis ingeboek het is ook neefs, het hy aan De Villiers vertel.

Die besigheid wie se naam gebruik is deur die twee verdagtes, is wel bewus van die situasie en het bevestig dat een van die twee verdagtes wel daar gewerk het ongeveer ‘n jaar gelede. “Ek weet hulle het my besigheid se naam gebruik, maar in my opinie moet die nodige bevestiging gedoen word wanneer iemand in ‘n gastehuis inboek,” het die eienaar gesê. Sy was nie beskikbaar vir verdere kommentaar nie.
De Villiers het ‘n saak by die Suid Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gaan oopmaak vir diefstal en die saak word verder ondersoek.

*In ‘n ander geval was daar by nog ‘n gastehuis ingebreek. Die eienaar van die gastehuis beweer dat niks verdag opgemerk was toe hulle die aand gaan slaap het nie. Alles was gesluit deur bestuur en daar was steeds gaste in die onthaalarea waar daar permanente toegang is vir gaste om hulself te onthaal.
Omstreeks 03:40 het een van die gaste die eienaar gebel en hom ingelig dat daar by sy kar ingebreek was. Na die skade besigtig is, het die eienaar na die onthaalarea van die gastehuis gegaan en gesien dat twee televisies ook gesteel is.

Daar was ook ‘n saak van diefstal by die SAPD oopgemaak.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

U persoonlike informasie sal aan geen derde partye gedeel word nie.

Het u enige informasie oor die artikel?
E-pos ons op digital@witbanknews.co.za (heg asseblief u kontak informasie by) of kontak ons op (013) 656 2490.

 
Back to top button