
Tydens die burgemeesters-funksie word Hoër Tegniese Skool aangewys as die top Wiskunde skool in die dorp. Wat ‘n puik prestasie vir die skool.
Cisca Brink, hoofdogter van HTS in 2016, is aangewys as die nommer een leerling in die dorp. Sy ontvang ook ses toekennings. Sifiso Ncolosi ontvang ‘n toekenning vir sy puik rekeningkunde uitslae.

Me. Lienie Botha, Mnr André Strydom en Me. Annette Robberts.
Weereens bly HTS gestand aan die prestasies om tops te bly op die akademiese gebied.
HTS spog met ‘n ‘briljante blou’ onderwyskorps.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
