CrimeNews

Dwelmhandel stopgesit

Die Witbank Polisie is steeds besig om dwelms van die strate af te hou.

Die Witbank Polisie is steeds besig om dwelms van die strate af te hou. Op Sondag, 12 Februarie was vier arrestasies in hierdie verband gemaak.

Beamptes het inligting ontvang van ’n verdagte by Old Coronation. Nie net vir besit van dwelms nie, maar ook besit van vermeende gesteelde goedere. Beamptes het inligting gevolg en na sy huis gegaan. Hulle het aan die deur geklop en gevra of hulle hom en sy woning kan deursoek. Hy het ingestem en hulle het 10 eenhede dwelms by hom gekry, toegedraai in rooi en geel plastiek. Hy het glo aan die beamptes gesê dat hy hierdie dwelms verkoop. Ook het hulle ’n kragopwekker, skootrekenaar en ’n monitor in sy woning gevind. Hy is in hegtenis geneem vir besit van dwelms en ook van gesteelde goedere.

Verder het polisie nog inligting ontvang van ’n verdagte met dwelms, ook in Old Coronation. Met toestemming, het beamptes hom deursoek en geel plastiek in sy besit gekry. Hier was ook 10 eenhede dwelms in, met ’n geskatte straatwaarde van R600.

In die derde geval by Old Coronation, het polisie inligting ontvang van ’n vermeende dwelmhandelaar wat besig is om dwelms te verkoop. Hulle het sy huis deursoek en 10 eenhede heroïne in sy besit gekry, toegedraai in ’n geel plastiek sakkie.

In Beattystraat in die Sentrale Besigheids-distrik (SBD) het beamptes ’n man deursoek wat in die straat geloop het. Hulle het drie eenhede dwelms in sy sak gevind, met ’n straatwaarde van ongeveer R120. Die verdagte het glo aan polisie vertel dat hy ’n probleem het,en dit rook.

Op Vrydag, 10 Februarie was nog ’n verdagte gearresteer in die SBD. Die beampte aan diens het ’n man in die straat sien drink, en hom gewaarsku om dit nie te doen nie. Die beampte het toe ’n draai gery, en weer die man gesien drink. Die verdagte het met die polisie se aankoms weggehardloop en die beampte het hom agternagesit. Die verdagte het glo ’n deurskynende sakkie laat val, waarin daar dagga was.
Op Woensdag, 8 Februarie het beamptes lede in sel agt deursoek, en dwelms in een gevangene se besit gevind. Dit was 10 eenhede dagga, toegedraai in koerantpapier. Volgens die gevangene, het hy dit by ’n ander gevangene gekry, wat nie meer in aanhouding is nie.

Op Dinsdag, 7 Februarie het polisie nog ’n verdagte voorgekeer met een eenheid dagga, met ’n geskatte straatwaarde van R40.

Dit was in Walter Sisulustraat in die SBD. Hierdie was ook toegedraai in ’n geel plastiek sak.
Alle verdagtes is in hegtenis geneem vir besit van dwelms. Hierdie arrestasies volg na die Witbank Polisie operasies uitvoer om te verseker dat eMalahleni se strate skoongevee word van dwelmhandelaars en ook gebruikers.
WITBANK NUUS het verlede week berig dat eMalahleni een van die hoof verspreidingspunte is na die res van Mpumalanga. Hierdie inligting is ontvang van kapt. Eddie Hall, mediawoordvoerder van die Witbank Polisie.

Ook het hy gesê dat die gemeenskap aangemoedig word om vorendag te kom met enige dwelmverwante aktiwiteite in hul area, en die polisie waardeer die publiek se pogings in die oorlog teen dwelms.

Kontak gerus 013 6555 052 of 086 001 0111, met enige inligting in hierdie verband.

LEES OOK:
Polisie voer oorlog teen dwelms
Dwelms op straat, skelms in tronk

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button