Plofstof in boom gevind
Hoe kom die plofstof in ’n boom? Waarom dit in ’n boom los? En waar kom die plofstof vandaan?

Hoe kom die plofstof in ’n boom? Waarom dit in ’n boom los? En waar kom die plofstof vandaan?
Dit is van die vrae waarmee die polisie worstel in hul ondersoek nadat die plofstof in ’n boom op ’n sypaadjie in Modelpark gevind is op Sondag 11 Junie.
“’n Lid van die publiek het Sondag ingeroep op Modelpark se buurtwag-kanaal nadat sy die vreemde pakkie in die boom opgemerk het,” het me. Maureen Scheepers van die South Africa Community Crime Watch (SACCW) gesê.

Die plofstof wat in ’n boom op ’n sypaadjie in Modelpark versteek is, is Sondag 11 Junie deur ’n inwoner gevind.
Die K-9 honde-eenheid van Middelburg is ontbied en die plofstof is veilig verwyder.
Woordvoerder van Witbank Polisie, kaptein Eddie Hall het gesê,
“Die polisie is ernstig besig om die saak te ondersoek. Ons wil die publiek bedank vir hul oplettendheid, asook die SACCW vir hul professionele optrede op die toneel.”
In Februarie vanjaar is twee verdagtes gearresteer in Vosman nadat hulle plofstof aan twee polisiemanne wou verkoop
LEES OOK:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/91302/vulstasie-bende-roof-weer/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/92253/ogies-inwoners-boos-oor-mynaktiwiteite/
