‘n Legende is dood
Me. Wilma Truter sal die 18 dae van hul sprokieshuwelik vir altyd koester.

Me. Wilma Truter sal die 18 dae van hul sprokieshuwelik vir altyd koester.
Haar man, mnr. Bertie Truter (56) is Woensdag 28 Februarie dood nadat hy met sy helikopter op hul plaas neergestort het. Die egpaar is op 10 Februarie getroud.

Die ongelukstoneel op die plaas waar die helikopter Woensdag 28 Februarie neergestort het.

Die wrak van die Robinson R44 Raven 11 helikopter waarin mnr. Bertie Truter en mnr. Oupa Peter Ntuli Woensdag 28 Februarie dood is.
Een van Truter se werkers, die 36-jarige mnr. Oupa Ntuli, het saam met hom in die ongeluk omgekom.
Die ongeluk het omstreeks 11:30 gebeur op die Truter Boerdery net buitekant eMalahleni nadat die stert van die Robinson R44 Raven 11 helikopter glo afgebreek het.
LEES OOK
BREAKING NEWS – Helicopter crash on farm on R555.
Truter was besig om ’n draai oor die landerye te vlieg. Net voor die nabygeleë plaasdam het sy broerskind, mnr. Christie Truter, gesien hoe die helikopter se stert-rotor teen ’n hoë snelheid van die helikopter afgebreek het. Sekondes later het die helikopter die grond getref en in vlamme uitgebars.

Die stert van die helikopter het afgebreek.
Lede van die Truter-familie en hulle werknemers wat op die plaas was toe die ongeluk gebeur het, het onmiddellik na die toneel gehardloop met brandblussers en die vuur geblus.
Ten spyte van hul poging om die vuur te blus was Truter en Ntuli reeds dood.
Verskeie owerhede en nooddienste van eMalahleni, Delmas, Ogies, Johannesburg en lede van die Suid-Afrikaanse Burger Lugvaart Owerheid (BLO) het na die toneel gehaas.

Wyle mnr. Bertie Truter.

Mnr. Bertie Truter by die helikopter voor die noodlottige ongeluk Woensdag 28 Februarie.
Die presiese oorsaak van die ongeluk kan nog nie vasgestel word nie, aangesien BLO besig is om die saak te ondersoek.
Ntuli was ’n getroue werknemer op die plaas, waar hy grootgeword het.
Truter het diep spore in die gemeenskap getrap. Hy het sy pa Johnny se sake-vernuf geërf.
