
Inwoners kon hul oë nie glo toe hulle agterkom die interkomstelsel van hul hek is gesteel, en dit blykbaar deur munisipale werkers.
Op Vrydag 2 Maart, kan daar in duidelike beeldmateriaal gesien word, hoe die interkomstelsel uit die grond geruk word en aan die bestuurder van ’n vullistrok gegee word, voor die sakke opgelaai is.
Die betrokke huis is in Reynorif geleë.
Die eienaar van die huis, mnr. Ettien Meyer het gesê dat mens nie meer ag slaan op honde wat blaf op ’n Vrydagoggend nie, aangesien die vullistrok elke week ’n draai daar kom maak.
“Die honde blaf weekliks en my vrou was by die huis, maar ons weet mos die vullistrok kom haal die sakke. Die trok het seker so net na 10:00 die oggend by ons huis verby gekom,” het Meyer Dinsdag 6 Februarie gesê. “Ek het met my buurman gesels en hy het die video vir my gestuur wat deur sy sekuriteitskameras opgevang is. Ek het ook met iemand gepraat wat dit rapporteer het, maar ek wag steeds om iets terug te hoor.”
The law won’t allow illegal electric connections
Me. Maureen Scheepers, lid van die South African Community Crime Watch het dit onder die stadsraad se wetstoepassings-afdeling se aandag gebring, wat ook steeds besig is met ’n ondersoek.
“Die seksiebestuurder is tans besig met die saak, maar geen terugvoer is nog beskikbaar nie,” het Scheepers gesê.
Mnr. Kingdom Mabuza, munisipale woordvoerder is in kennis gestel oor die voorval.
Hy het op Woensdag 7 Maart gesê dat die stadsraad besig is met die disiplinêre proses, vir alle munisipale werkers betrokke by die insident.
Die stadsraad sal ook ’n kriminele saak oopmaak teen hierdie betrokke werkers. Hy het ook bygevoeg dat hy die huiseienaar aanraai om ook ’n saak by die Witbank Polisie te open.
