’n Saak van strafbare manslag is by die Witbank Polisie geopen na ’n man glo deur ’n voertuig gestamp is.
Die slagoffer het na bewering op die Verena-pad geloop en is glo deur ’n Jeep Cherokee gestamp.
LEES OOK
Polisie vermoed dat die slagoffer die pad wou oorsteek toe die ongeluk plaasgevind het.
Ambulansdienste was reeds op toneel toe die polisie daar aankom en het die man op die toneel dood verklaar. Volgens inligting woon die slagoffer in Pine Ridge.
Geen verdere inligting was teen druktyd beskikbaar nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
