‘Shasha het eintlik my lewe gered’
Dit is met groot dankbaarheid dat Alicia Schutte vandag nog leef en dit danksy haar hond Shasha

Dit is met groot dankbaarheid dat Alicia Schutte vandag nog leef en dit danksy haar hond wat oor die hek gespring het, terwyl die huis besig was om te brand.
Alicia was Maandag 5 Maart alleen by die huis in Duvhapark, die res van die familie was by hul werke en haar kleinkind by die kleuterskool.
Daar was geen krag en water in die Duvhapark gebied nie en Alicia kon nie voortgaan met haar dag se take nie.
Sy het die tyd gebruik om deur ’n kas te gaan waar sy al haar ou resepteboeke en foto-albums hou.

Me. Alicia Schutte en Shasha.
“Daar is soveel sentimentele goedjies in die kas en dit het baie herinneringe teruggebring. Dit is ’n kas wat ek amper nooit deurgaan nie, maar daardie dag het ek, en is so dankbaar dat ek die goed daarin ’n laaste keer kon sien.”
Alicia het later op die bed gaan lê en boek lees toe sy rook geruik het.
“Ek het net gedink dit was weereens ’n veldbrand, want gewoonlik die tyd van die jaar brand die veld of die riete hier naby.”
LEES OOK
Huis brand af wyl gesin met vakansie is
Iemand het klippe op die dak gegooi, kinders het geskreeu en taxi’s het toeters geblaas.
“Ek het niks daarvan gedink nie. Na 18 jaar in die huis was ons gewond aan die geraas daardie tyd van die dag, want die skool het daar die tyd uitgekom.”

Die Schutte’s se huis wat Maandag 5 Maart afgebrand het.
Alicia het nog ’n rukkie gelê voor sy opgestaan het om badkamer toe te gaan. Op pad badkamer toe het Alicia haar selfoon in haar hand gehad.
“Ek doen dit nooit nie, daar is niks meer irriterend as iemand wat met hul selfone badkamer toe gaan nie.”
Sy het deur die venster gesien hoe Shasha, hul wit Alsatian oor die hek spring.
“My eerste gedagte was om haar terug te kry, want as sy by ons ander honde kom het hulle baklei en ek sou hulle nie uitmekaar kon kry nie. Toe ek buite kom het my buurvrou vir my gesê: ‘Mam, your house is burning’. Ek het nie geregistreer wat sy vir my sê nie, en het Shasha terug gesit. Ek het net begin wegloop toe spring Shasha weer oor die hek as om iets vir my te sê.”
Alicia het omgekyk en gesien hoe die rook uit die huis kom. Dit is toe eers dat sy besef wat haar buurvrou vir haar gesê het.
Lees die volle berig in die uitgawe van WITBANK NUUS uit vandag
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
