Rowers, gewapen met messe, loop deesdae in die strate op soek na slagoffers.
Op Sondag 11 Maart is ’n pa en seun met ’n mes gedreig op die R555.
Die rowers is weg met kontant en selfone.
Die slagoffer het vertel dat hulle ongeveer 19:05 ’n brug oorgesteek het toe vier mans die pa van agter gegryp het.
Die ander verdagte het glo die pa se sak in die bosse ingegooi met geld en selfone in.
Daarna is verdagtes weg met bogenoemde items.
LEES OOK:
Breaking news: Armed robbery at Maanlig
Nkosi slapped with 60 year imprisonment
Op Dinsdag 6 Maart is nog twee sake aangemeld by Witbank Polisiestasie toe ’n man van sy skootrekenaar in Jellicoestraat beroof is.
Twee onbekende mans het glo nader gestap en gedreig om hom dood te maak as hy nie sy skootrekenaar oorhandig nie.
Die slagoffer het gedoen wat die rowers beveel het, in ’n poging om sy eie lewe te red.
Nog ’n man is op dieselfde dag beroof van ’n selfoon in Okapistraat.
Dit was ongeveer 22:00 toe die slagoffer ’n slaggat getref het en sy voertuig gestop het.
Twee mans het glo in sy rigting gestap gekom, een met ’n mes in die hand.
Die verdagtes het glo gedreig om hom dood te maak, voordat een verdagte die slagoffer byna bewusteloos geslaan het.
Die diewe is weg met sy selfoon.
