Die ongeluk wat op Watermeyerstraat plaasgevind het los een dood en twee erenstig beseer.
Op 14 Maart het ’n groot ongeluk plaasgevind waarby ’n staaltrok en bakkie betrokke was.
Volgens ooggetuie was die verkeerslig rooi vir aankomende verkeer toe ’n bakkie met ’n hewige spoed deur die verkeer gery gekom het.
Die staal trok was besig om regs te draai op pad na die N4 snelweg toe die bakkie met drie insittendes onder die trok in is.
LEES OOK:
Nóg ’n ongeluk op OR Tambo-draai
Op toneel het ER24 en Langamed Ambulansdienste die erg beseerde mense uit die bakkie wrak gehaal en gehaas na die naaste hospitaal toe.
Dit het later aan die lig gekom dat die bestuurder van die bakkie oorlede is.
Die familie van die oorledene kon nie bereik word nie.
“Mense moet ophou om te ry nes hul wil, hulle verstaan nie hoeveel lewens in gevaar gestel word weens die onverantwoordelike manier waarop hul bestuur nie,” het ’n ontstelde bystander ten slotte gesê.
